Orkney, Skotland

Àrcaibh / Isles of Orkney
Orkney-eilande
(Vlag van Orkney) (Landswapen van Orkney)
Ligging van Orkney in Skotland
Land Skotland
Amptelike tale Engels, Skots-Gaelies
Hoofstad Kirkwall
58°58′N 2°57′W / 58.967°N 2.950°W / 58.967; -2.950
Grootste stad Kirkwall
Aantal eilande (waarvan bewoon) 70 (20)
Grootste eiland The Mainland (523 vk km)
Administrasie Skotse raadsgebied (council area)
Plaaslike raad Raad van die Orkney-eilande
Regeringsparty Onafhanklikes
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water

990 vk km
- %
Bevolking
  2006 (skatting)
 - Bevolkingsdigtheid

19 800
20/vk km
Inlywing by Noorweë Geannekseer in 875
Inlywing by Skotland Geannekseer op
20 Februarie 1472
Tydsone UTC +0

Orkney (Skots-Gaelies: Àrcaibh; Engels: Isles of Orkney of Orkney Islands, [ˌɔːknɪˈaɪləndz]; Oudnoors: Orkneyjar; byvoeglike naamwoord: Orkadies, afgelei van die verouderde benaming Orkade) is 'n Skotse eilandgroep wat uit die hoofeiland Mainland en naastenby 100 kleiner eilande bestaan. Orkney word deur die Pentland Firth noord van Caithness van die Skotse vasteland geskei en in die noorde lê Shetland. Die grootste nedersetting en administratiewe sentrum is Kirkwall. Orkney is tussen die Noorse See in die noorde en die Noordsee in die suide geleë; albei behoort tot die Atlantiese Oseaan.

Satellietbeeld van Orkney

In administratiewe opsig vorm Orkney een van die 32 raadsgebiede (council areas) van Skotland en 'n kiesafdeling van die Skotse parlement.

Orkney word reeds sowat 5 500 jaar lank deur mense bewoon. Die eerste bewoners was Neolitiese stamme en later Pikte totdat die eilandgroep in 875 ná 'n Wiking-inval deur Noorweë geannekseer en deur Noorse setlaars gekoloniseer is. In 1472 is Orkney deur die Skotse Kroon geannekseer nadat 'n bruidskat nie betaal is nie.

Orkney behels sommige van die oudste en bes-bewaarde argeologiese plekke uit die Jongsteentydperk, en die "Hart van die Neolitiese Orkney" is deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar. Na Orkney is die Suidelike Orkneyeilande, 'n Britse oorsese gebied in die Suid-Atlantiese Oseaan genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy